FSB

FSB-embleem

Die FSB (voormalige KGB) is die binnelandse intelligensiediens van Rusland. FSB staan vir Federale Veiligheidsdiens van die Russiese Federasie (Федеральная служба безопасности Российской Федерации: Federalnaja sloezjba bezopasnosti Rossijskoi Federatsii). Die diens beveg onder meer korrupsie, terrorisme en georganiseerde misdaad.

Die FSB is in 1995 gestig as opvolger van die FSK (Federale Teenintelligensiediens), wat weer op sy beurt die KGB in 1991 vervang het. In 1995 het die FSB ook groter bevoegdhede gekry, wat hom byna net soveel mag gee as wat die destydse KGB gehad het. Sy hoofkwartier is in die Loebjanka op Loebjanka-plein in Moskou, net soos dié van die KGB.

Tussen Julie 1998 en Augustus 1999 was Wladimir Poetin, tot 7 Mei 2008 president van die land, hoof van die FSB. Die hoof sedert 2008 is Aleksandr Bortnikof.

Die FSB oefen steeds ’n betekenisvolle invloed op die vinnig groeiende ekonomie van die Russiese Federasie uit, en ’n groot aantal hoof- uitvoerende beamptes van belangrike Russiese ondernemings is voormalige lede en medewerkers van die FSB.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search